Die Bokafrigter, Allister Coetzee, is baie bly hy kan vir dié kragmeting die ervaring en inspirerende spelvernuf van Bryan Habana (33) as linkervleuel by die Bokspan voeg. Boonop gaan Bryan as onderkaptein uitdraf vir sy 118ste toets in die Groen-en-Goud.

Bryan sê die belangrikste ding wat hy van Jake White (2007-Wêreldbeker-afrigter) onthou, is: “Los die trui in ’n beter toestand as waarin jy dit gevind het.”

Hy sal Saterdag die oudste speler in die span wees, terwyl Jesse Kriel op 22 jaar en vyf maande die jongste sal wees.

Johan Goosen maak ook ’n welkome terugkeer na die span. Hierdie keer sal hy as heelagter op die veld draf en Alister glo daardie dodelike regtervoet gaan dinge behoorlik aan die roer kry. Johan het in 2014 laas die Boktrui oor sy kop getrek. Sedertdien het hy saam met Dan Carter vir die Franse klub Racing Metro 92 gespeel, waar hy sy vernuf op heelagter uitgebou het.

Dit sal Eben Etzebeth se 25ste opeenvolgende toetswedstryd wees.
Dis ook die volgende spelers se Rugbykampioenskapsdebuut Julian Redelinghuys van die Lions, wat ’n indrukwekkende Superrugby-seisoen agter die rug het, skuif vir Saterdag se wedstryd van die plaasvervangerbank na die beginspan. Hy is ’n vernietigende teenwoordigheid in die skrum en die Argentyne gaan dit eerstehands ervaar.

Ruan “The Punisher” Combrinck stuit op die veld vir geen duiwel nie.

Daar is diegene wat na Faf de Klerk as die Jonty Rhodes van rugby verwys. Die ywerige blondekop-skrumskakel kan balle uit feitlik onmoontlike situasies opraap, systap en skop en selfs groot manne takel soos min.

Steven Kitshoff is net so formidabel in die skrum. Hy’s ’n sterke derduiwel en iemand wat sy kop goed kan gebruik op die veld.

Jaco Kriel se plettervat van die Highlanders se Matt Faddes . . .. Dit sê alles.

Bongi Mbonambi ken net een pad: Vorentoe! As hy eers sy skouers so bymekaartrek en sy kop laat sak, kan jy maar weet: Hier kom moeilikheid.
En dan is daar natuurlik Rudy Paige, die Bulle se skrumskakel, wat in sommige kringe as een van die toppresteerders in die Superrugby-reeks van 2015 bestempel word.

A photo posted by @fuckyeahspringboks on

Die Bokspan

Tendai Mtawarira (Haaie)

Adriaan Strauss (Bulle)

Julian Redelinghuys (Leeus)

Eben Etzebeth (Stormers)

Lood de Jager (Cheetahs)

Francois Louw (Bath)

Oupa Mohojé (Cheetahs)

Warren Whiteley (Leeus)

Faf de Klerk (Leeus)

Elton Jantjies (Leeus)

Bryan Habana (Toulon)

Damian de Allende (Stormers)

Lionel Mapoe (Leeus)

Ruan Combrinck (Leeus)

Johan Goosen (Racing 92)

Plaasvervangers:

Bongi Mbonambi (Stormers)

Steven Kitshoff (Bordeaux)

Vincent Koch (Stormers)

Pieter-Steph du Toit (Stormers)

Jaco Kriel (Leeus)

Rudy Paige (Bulle)

Juan de Jongh (Stormers)

Jesse Kriel (Bulle)

Argentinië

Nahuel Tetaz Chaparro

Agustín Creevy (kaptein)

Ramiro Herrera

Matías Alemanno

Tomás Lavanini

Pablo Matera

Juan Manuel Leguizamón

Facundo Isa

Martín Landajo

Nicolás Sánchez

Manuel Montero

Juan Martín Hernández

Matías Orlando

Santiago Cordero

Joaquín Tuculet

Plaasvervangers

Julián Montoya

Felipe Arregui

Enrique Pieretto

Guido Petti

Javier Ortega Desio

Tomás Cubelli

Santiago González Iglesias

Ramiro Moyano

So het sake vanaf 1993 tot en met die 2015 Wêreldbeker in Brittanje tussen die twee spanne verloop (soos aangedui deur Sport24):

2015: Suid-Afrika 24-13 Argentinië, Londen (Rugbywêreldbeker (RWB), brons, finaal)

2015: Argentinië 12-26 Suid-Afrika, Buenos Aires (RWB, opwarmingswedstryd)

2015: Suid-Afrika 25-37 Argentinië, Durban (Rugbykampioenskapsbyeenkoms (RKB))

2014: Argentinië 31-33 Suid-Afrika, Salta (RKB)

2014: Suid-Afrika 13-6 Argentinië, Pretoria (RKB)

2013: Argentinië 17-22 Suid-Afrika, Mendoza (RKB)

2013: Suid-Afrika 73-13 Argentinië, Soweto (RKB)

2012: Argentinië 16-16 Suid-Afrika, Mendoza (RKB)

2012: Suid-Afrika 27-6 Argentinië, Kaapstad (RKB)

2008: Suid-Afrika 63-9 Argentinië, Johannesburg

2007: Suid-Afrika 37-13 Argentinië, Parys (RWB, semi-finaal)

2005: Argentinië 23-34 Suid-Afrika, Buenos Aires

2004: Argentinië 7-39 Suid-Afrika, Buenos Aires

2003: Suid-Afrika 26-25 Argentinië, Port Elizabeth

2002: Suid-Afrika 49-29 Argentinië, Springs

2000: Argentinië 33-37 Suid-Afrika, Buenos Aires

1996: Argentinië 21-44 Suid-Afrika, Buenos Aires

1996: Argentinië 15-46 Suid-Afrika, Buenos Aires

1994: Suid-Afrika 46-26 Argentinië, Johannesburg

1994: Suid-Afrika 42-22 Argentinië, Port Elizabeth

1993: Argentinië 23-52 Suid-Afrika, Buenos Aires

1993: Argentinië 26-29 Suid-Afrika, Buenos Aires

Bronne: news24.com, supersport.com, rugby.com.au, timeslive.co.za