In hierdie stadium is dit nog nie bekend wat tot die dood van ’n Suid-Afrikaansgebore speler van Kaapstad wat ’n suksesvolle rugbyloopbaan in Australië gehad het, gelei het nie

Dan Vickerman (37) het die Wallabies in 63 toetse verteenwoordig sedert hy in 2002 na dié land verhuis het. Hy het ook vir drie Wêreldbeker-toernooie in Australiese kleure uitgedraf.
  Bill Pulver van die Australiese rugbyunie (ARU) het gesê die rugbywêreld verkeer in skok nadat die nuus oor Dan se dood gebreek het. “Hy was ’n baie geliefde karakter op die veld.”
Hy het in 2012 sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy verskeie seisoene vir die Brumbies en die Waratahs in Super Rugby gespeel het. Sy uittrede was genoodsaak deur verskeie stresbreuke wat hy aan sy regterbeen opgedoen het.
Dan het vir Suid-Afrika se onder 19-span gespeel voordat hy in 1999 na Australië verhuis het. In 2001 draf hy vir die eerste van sy 86 Super Rugby-wedstryde op die veld vir die Brumbies en in 2002 speel hy vir die Wallabies. Dan het in 2004 die Brumbies vir die Waratahs verruil.
Hy word allereers as ’n “ontoegeeflike teenstaander” wat vir homself ’n merkwaardige rugbyloopbaan uitgekerf het, beskryf.
Phil Waugh van die Wallabies sê sy spanmaats is absoluut verpletter deur die nuus Dan het tuis in Sydney gesterf. Hy word oorleef deur sy vrou, Sarah, en twee seuns. Bronne: bbc.com, abc.net.au, theguardian.com

Twitter se reaksie