DIT was ’n vinnige huwelik – hy het  haar soet stem die oggend vir die eerste keer gehoor en hy’t dadelik geweet: Hier is sy nuwe liefling. Vir háár laat hy nie deur sy vingers glip nie.

Dieselfde middag nog het hy haar versigtig van sy voornemens vertel, en sy het dadelik ja gesê. Twee dae later is die kontrak geteken . . .

En hier sit hulle vandag in Pretoria laggend langs mekaar: Suid-Afrika se nuwe Lieflinge! Duidelik met die skoot hoog deur.

Nou kan hy weer aangaan met sy lewe, vertel die sanger en liedjieskrywer Rudi Claase terwyl hy amper oopmond van bewondering na sy musiekvonds staar: Zita Pretorius, sy nuwe sangmaat.

Dit het in musiekkringe gegons toe die krake in Januarie vanjaar tussen die gewilde duetpaar Rudi en Corlea Botha begin oopbars  het. En toe kom die skoknuus: Die paadjies van Ons Lieflinge, soos hulle bekend gestaan het, gaan skei. (Huisgenoot, 24 Februarie: Ek kan nie glo sy is weg.)

Rudi, die brein agter die Lieflinge-konsep, was teen die grond. Almal het gewonder: Wat nou? Rudi nie die minste nie.

Maar toe stap die blonde oudleerder van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria op ’n Dinsdag in Maart laatmiddag sy ateljee binne...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 14 April 2011