Die betogers het klippe na ’n News24-verslaggewer gegooi.

’n Klein groep polisielede het inbeweeg om die groep mense te beheer. Verskeie mense is in hegtenis geneem.

Inwoners sê hulle wil die ANC-lid Mbulelo Vula as hul raadslid hê en nie die kandidaat wat die ANC aangestel het nie.

“Ons soek iemand wat ons probleme ken – die een wat ons gekry het, is van Amalinda. Ons ken hom nie,” sê Ayanda Beda, ’n inwoner.

Nog ’n vrou het gesê haar ouma is in hegtenis geneem toe sy probeer stem het.

Nozuko Mgaguli het aan News24 vertel sy het pas teruggekeer van die polisiekantoor nadat sy vir haar verswakte ouma warm klere geneem het. “Ek weet nie wat om te doen nie. Sy het asma. Ons het vir die polisie gesê sy’s siek.”

Nozuko het gesê sy het nie geld om haar ouma se borgtog te betaal nie.

Bron: News24