Die motreën sif al van gister af onophoudelik hier oor die Tala Private Wildreservaat in KwaZulu-Natal neer. Die mis hang amper onheilspellend laag oor die groen grasheuwels en selfs die blouwildebeeste wat ’n ent weg wei, trap onrustig rond. Kan ’n blouwildebees weet watter groot dag dit vandag vir ’n Bok is?

Ook Ruan Pienaar, Springbok-losskakel, staan senuagtig rond hier in die klipkerkie waar hy, uitgedos in ’n gehuurde swart pak met ’n ivoorkleurige onderbaadjie en gitswart das, wag vir die vrou wat nou al ses jaar aan sy sy is. Dis véél erger as voor ’n rugbytoets . . .

Een muur van die klipkerk is uitgebreek en voor hom, op ’n uitgestrekte grasperk, sit 165 gaste onder ’n groot, wit markiestent waarop die druppels ritmies tik-tik-tik. Heelparty van die rugbyspeler se Sharks- en Springbok-spanmaats is onder hulle, maar Ruan sien hulle nie raak nie; hy staar net gespanne in die verte.

Dan, eindelik, gewaar hy hulle – ’n sprokieskoets kom om die draai deur die modder nader gery.

En toe Monique Nel (24) aan ma Ronéll se arm in die paadjie afgestap kom, is die oomblik vir hom te groot: ’n Blink traan biggel oor die sterk sportman se wang. Selfs sy drie strooijonkers met hul modieuse pienk dasse, raak emosioneel en vee ’n klammigheid weg.

Maar vir Monique is daar op dié oomblik geen trane nie – daarvoor is die vreugde net te groot. Toe sy vanoggend haar oë oopgemaak het, was haar eerste gedagte dat sy dadelik vir Ruan wil sien. Sy kan nie ophou glimlag nie, en sy giggel sommer oor Ruan se trane.

‘‘Ek wil net glimlag; dis die gelukkigste tyd van my lewe,’’ het sy vroeër die oggend al vertel. Ses jaar al weet sy immers dat Ruan haar trouman is, en sy kan net nie wag om eindelik ’n trouring aan sy vinger te steek nie.

Lees meer oor Ruan en Monique se troue en sien die foto’s in Huisgenoot van 7 Januarie.

Ruan Pienaar voor die kansel

Lees meer oor Ruan en Monique se troue in Huisgenoot van 7 Januarie.