Hy gesels nog gereeld met sy Twilight-medester, ten spyte daarvan dat hy en Kirsten vyf maande gelede uitmekaar is nadat sy hom verneuk het met die getroude regisseur Rupert Sanders (42).

Nadat die vervaardigingsmaatskappy hom genader het, het Rob (27) vir Kristen (23) gevra wat hy moet doen en sy het gesê dit sou ’n “ramp” wees as hy Christian Grey speel.

“Kristen het gesê Fifty Shades sou ’n rampspoedige keuse vir hom wees,” het ’n bron aan Yahoo omg! gesê. “Die bekendheid wat sy rol in Twilight hom besorg het, spook nog by hom en om in Fifty Shades te wees sou slegte nuus vir die res van sy loopbaan beteken het. Kristen het gesê uit ’n skeppende oogpunt moet hy dit nie moet doen nie, maar as dit gaan oor geld en roem, moet hy dit doen. Sy het gesê hy moet kies tussen die twee, maar hom gewaarsku dat dit hom altyd sal agtervolg.”

Rob is onlangs op ’n paar afsprake gewaar met die 22-jarige model Dylan Penn. Haar ouers is die akteurs Sean Penn en Robin Wright.

Jamie Dornan (31) het op die ou end die manlike hoofrol losgeslaan in Fifty Shades fo Grey, wat gegrond is op E.L. James se gelyknamige erotiese roman.