Twee winkelsentrums in die Kaapstad het Woensdagoggend deurgeloop onder rowers.

’n Transitorooftog is Woensdagoggend om 08:30 by die N1 Stad winkelsentrum uitgevoer. “Twee sekuriteitswagte was besig om ’n outomatiese teller vol geld te laai toe vier gewapende verdagtes hulle beroof het,” sê Noloyiso Rwexana, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Die verdagtes het in ’n rooi Mazda met ’n onbekende bedrag geld en twee van die sekerheidswagte se vuurwapens gevlug.”

Geen skote is gevuur nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Rondom dieselfde tyd het twee verdagtes ook ’n rooftog by die Vangate winkelsentrum in Athlone probeer pleeg. “Die verdagtes het skote gevuur, maar niemand is beseer nie,” sê Noloyiso. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Mense is gewaarsku om nie vandag dié winkelsentrums te besoek nie.

’n Facebook-gebruiker beweer dat die Mazda in Summer Greens opgespoor is.

Wenke as jy in ’n rooftog betrokke is:

Dit is nie altyd moontlik om ’n rooftog te vermy nie en dit is belangrik om te onthou dat mense wat met ’n rower saamwerk nie seerkry nie, sê die webtuiste Secrets of Survival.

Soms is mens in die versoeking om terug te veg, maar ’n rower met ’n wapen kan baie agterdogtig wees en ’n senuweeagtig hand hê wat hom maklik die sneller laat trek. Enige skielike bewegings kan daarin eindig dat jy geskiet of gesteek word.

’n Baie goeie manier om te reageer is om te sê ‘Ek gaan my geld vir jou gee. Ek sal alles vir jou gee. Ek gaan definitief saamwerk.’ Voor jy reik na jou beursie moet jy baie duidelik sê ‘Ek haal my beursie uit’.

Soos jy jou beursie aan hom oorhandig moet jy stadig ’n paar treë terugneem soos om ’n stuk vleis vir ’n kwaai beer te gee. Soos jy dit oorhandig moet jy aanhou om stadig terug te stap en hopelik laat spaander die rower in die ander rigting.

Lees meer hier.

Bykomende bron: Iol.co.za