Drie rowers het Saterdag 29 mense – ses gesinne, 12 volwassenes en 17 kinders – in ’n beveiligde huis in Linden, Johannesburg, aangeval en selfone, skootrekenaars en juweliersware gebuit, berig Netwerk24.

Kringtelevisiekameras het vasgelê hoe die drie mans Saterdagaand 18:30 met klapmusse en 9?mm-vuurwapens uit ’n wit Toyota Avanza spring en by die hek inhardloop.

“Die mans het ingeglip toe my oudste seun die elektroniese hek agter gaste toegemaak het,” het Riana Somsen, ma van die huis, Sondag aan Netwerk24 gesê. “Die mans het drie gaste wat net aangekom het buite met ’n vuurwapen gedreig.”

Haar agtjarige seun moes ook plat lê.

Haar kinders en man was saam met die ander gaste voor die braaivleisvuur . Die meeste gaste het geen benul gehad wat in die oprit gebeur nie.

Hoewel niemand fisieke beserings opgedoen het nie, is almal erg getraumatiseer, het Hans, Riana se man gesê.

Lees meer hier

Bronne: Netwerk24, News24

Ook op Netwerk24:

‘Joost wíl nie gesond word’

6de massa-uitwissing op Aarde ‘het reeds begin’