[caption id="attachment_161656" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: Youtube/News24 Skermgreep: Youtube/News24[/caption]

’n Reddingspan soek al sedert Saterdag (25 Februarie) na ’n seuntjie van die Jerusalem-township wat by ’n sowat 140 m diep mynskag aan die Oos-Rand ingeval het.

Kort nadat die soektog vanoggend hervat is, het daar ’n rotsstorting in die skag ontstaan, gevolg deur ’n tweede een om 12:30, het William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se ramp-en-noodbestuur, aan huisgenoot.com gesê.

 

“Die kameras wat sowat 140 meter diep in die skag afgesak kon word, kan nou net tot by sowat 60 meter sak. Die skag is so te sê geblokkeer.”

Die reddingspan werk nou aan alternatiewe maniere om by die skag af te gaan.

“As ’n mens die tyd van die ongeluk in gedagte hou, raak die kanse vir die seuntjie se oorlewing ongelukkig by die minuut skraler,” het hy verder gesê, maar weer benadruk die reddingspan sal nie opgee voordat hulle die seuntjie of sy lyk gevind het nie.