Terri Powis (33) het die groente van ’n Engelse supermark, Asda, gekoop, maar het haar lam geskrik toe die rot-ogies by die pak uitloer.

“Ek het dit eers nie oorweeg dat dit ’n rotkop kan wees nie,” het Terri gesê. “Ek het in die sak gekrap en was stomgeslaan toe ek besef wat dit is. Dit was aaklig.”

Die supermark het Terri verskoning gevra. Hulle ondersoek die voorval.

Kyk hier na die grillerige vonds:

Bronne: Huffington Post, telegraph.co.uk