Ons is versot op die liedjie Home Safe Deur Mzansi se eie Ross Jack – die koel rap-superster van Benoni.  Ons wonder, is daar iets in die water daar in Benoni?!

  • Hy het op 14 saam met sy gesin Spanje toe getrek. “Ek het die heelpad gemoun. Maar dit was ’n lekker ervaring,” sê RossHy woon deesdae in Johannesburg.
  • Hy het op 17 begin musiek maak nadat hy gesien het hoe iemand “beats” op ’n pel skootrekenaar maak. “Ek kon my oë nie glo nie en het die regte sagteware gaan kry. Dis waar alles begin het.”
  • Sy vreemdste ervaring nog met ’n aanhanger? “Laatnag-oproepe van onbekende nommers. Hulle praat nooit nie, hulle sing net Seven45. Dis baie vreemd!” (Seven45 is sy debuut-enkelspeler.)
  • Hy het op skool op die sokkerveld uitgeblink. En sy gunsteling-vak? “Om eerlik te wees, enige vak waar ek met die onderwyser oor die weg gekom het. Ek het altyd uitgeblink as ek goed behandel is.”
  • Sy gunsteling-aanhaling is van Bob Dylan: “ ’n Mens is ’n sukses as hy in die oggend opstaan en in die aand gaan slaap en tussenin doen wat hy wil.”
  • Is daar iets wat hy nou weet en wens hy het al op hoërskool geweet? “Ek sou wou glo enigiets is moontlik, enige tyd. Ek het nooit gedink ek sou die kans kry om te wees waar ek vandag is nie.”