Sy is dalk een van die wêreld se toptennisspelers, mooi en bekend, maar selfs Caroline Wozniacki is nie gevrywaar van hartseer nie.

Die 23-jarige Deense tennisspeler het ’n slegte week agter die rug: Nie net is sy uit die Franse Ope geskakel nie; haar verloofde, die Ierse gholfspeler Rory McIlroy (25), het ook hul verlowing verbreek.

Luidens berigte het Rory haar gebel en binne drie minute verduidelik hy sien nie meer kans om met haar te trou nie. Die twee was sowat drie jaar saam en sou in November trou.

Sy het dit blykbaar glad nie verwag nie, en het al selfs haar trourok aangepas. Die uitnodigings na hul troue is die afgelope naweek uitgestuur, wat Rory blykbaar laat besef het hy is nie gereed vir die groot stap nie.

“Die probleem lê by my,” het Rory aan die media gesê. “Ek wens Caroline al die geluk toe wat sy verdien en ek wil haar bedank vir die ongelooflike tye wat ons saam beleef het.”

Caroline het op ’n perskonferensie tydens die Franse Ope gerugte dat hul skeiding ’n gemeenskaplike besluit is, as onwaar afgemaak en gesê “’n mens is natuurlik nie voorbereid op so iets nie. Ek was geskok.”

- Mieke Vlok

Bron: Mail Online