brownies

(Lewer 15 bruintjies)

Jou benodighede:

125 g botter, gesmelt

30 ml (2 e) visolie

250 ml (1 k) suiker

5 ml (1 t) vanielje-essens

30 ml (2 e) rooi koskleursel

5 ml (1 t) witwynasyn

2 eiers, teen kamertemperatuur

180 ml (¾ k) koekmeel

30 ml (2 e) kakaopoeier

knippie sout

60 ml (¼ k) okkerneute

Vir die roomkaaslaag:

1 bak (230 g) gewone roomkaas, saggemaak

60 ml (¼ k) suiker

1 eier, teen kamertemperatuur

skoot vanielje-essens

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat of oondbestande bak van 15 x 24 cm. Voer dit met bakpapier uit en laat dit effe oor die rand hang. Sal help wanneer die bruintjies uitgehaal moet word.

Klits die botter, olie, suiker, vanielje-essens, koskleursel, asyn en eiers saam. Sif die meel, kakao en sout saam en meng met die nat bestanddele. Voeg die neute by en vou in. Giet die beslag in die bereide pan en hou sowat 30 ml (2 e) eenkant.

Klits die roomkaas, suiker, eier en vanielje-essens saam. Lepel bietjies roomkaasmengsel baie versigtig op die bruintjiebeslag. Lepel die oorblywende bruintjiebeslag versigtig oor. Gebruik ’n mes om ’n patroon deur te marmer.

Bak 30-35 min. Toets met ’n toetspen of dit gaar is. Indien nie, bedek met foelie om te keer dat die roomkaaslaag verbruin en bak nog 5-10 min.

Laat heeltemal afkoel voor jy in blokkies sny.

- Resep deur Cakebread

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.