Tshwane se nuwe sportraad oorweeg dit om die madeliefie – die tradisionele sportsimbool van die streek – die trekpas te gee, berig Beeld.

Vyf voorstelle – almal met die kleure wit, swart, geel en groen – is reeds op die tafel. Dit word glo beoog vir alle verteenwoordigende sportspanne uit Pretoria.

Tradisioneel dra Pretoriase spanne ligblou met die Barbertonse madeliefie as embleem.

Volgens Beeld het Boet Fick, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU), gesê dat dit nie sal gebeur nie, want die Blou Bulle se embleem is geregistreer.

Vir meer oor hierdie storie, besoek Beeld.com.

Op die internet

- www.thebulls.co.za

Wat dink jy van hierdie brokkie nuus? Die Swart Bulle, Geel Bulle of Groen Bulle klink darem nie reg nie...