Die ongeluk het op Christiaan de Wetweg, naby Rinyanistraat in Roodepoort gebeur, het die nooddiens ER24 in ’n verklaring gesê.

Nooddienspersoneel was kort voor drieuur op die toneel en die vrou was toe steeds onder die voertuig se enjinkompartement vasgekeer. Die paramedici moes vinnig dink om ’n plan te beraam om die vrou van onder die voertuig te bevry.

Volgens die verklaring is die motor gestabiliseer en opgelig. Die vrou is met ernstige beserings onder die motor gekry. Nadat sy gestabiliseer is, is sy na die Helen Joseph-hospitaal geneem, waar sy verder versorg word.