VIR sy span was die Wêreldbekersokkertoernooi verby, maar Cristiano Ronaldo se naam was steeds op elke voorblad in Portugal.

Die rede? Die klein pienkvoet wat tydens die toernooi gebore is.

“Dis met groot vreugde en emosie dat ek laat weet ek het onlangs die pa van ’n babaseun geword,” het die sexy sokkerster op 4 Julie op sy Twitter-blad aangekondig.

Almal het dadelik gewonder: Wie’s die (gelukkige) mamma? Maar Cristiano (25), wat vir die gesogte Spaanse klub Real Madrid uitdraf, het ook laat blyk ons gaan dalk nooit weet nie.

“Soos ooreengekom met die baba se ma, wat verkies om haar identiteit geheim te hou, sal my seun onder my eksklusiewe voogskap wees,” het hy getweet.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 Julie 2010