GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 45 min.

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, in ringetjies gesny

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

50 g tamatiepasta

1 blik (410 g) kersietamaties

250 ml (1 k) room

10 ml (2 t) mielieblom, met 30 ml (2 e) water tot ’n pasta gemeng

15-30 ml (1-2 e) suiker

sout en pas gemaalde

swartpeper

4 visporsies

12 baba-aartappels, gaar

10 g vars pietersielie

Voorverhit die oond tot 200 °C

  1. Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die tamatiepasta by en roerbraai nog ’n paar sekondes.
  2. Roer die kersietamaties by, gevolg deur die room en mielieblom. Roer aanhoudend en verhit tot die mengsel begin verdik.
  3. Geur met die suiker, sout en peper.
  4. Geur die vis met sout en peper en pak in ’n oondbak.
  5. Versprei die aartappels tussen die visporsies en giet die sous oor.
  6. Bak 25-30 minute in die oond of tot die vis gaar is. Sprinkel die pietersielie oor.
  7. Sit voor saam met ’n slaai van blaarslaai, fetakaas en slaaisous indien verkies.