Die gewilde mansgroep Romanz gaan die volgende drie maande sonder hul klassieke tenoor, Louis Loock, moet klaarkom.

’n Poliep is onlangs op sy stembande gediagnoseer en hy moet drie maande lank sy stem laat rus. Dan sal ’n operasie

hopelik nie nodig wees nie.

Ons het met Louis gesels by die 16de Suid-Afrikaanse Musiektoekenningsgeleentheid (Sama).

Met die opname van Romanz se nuutste gospelalbum, Ek Sal Getuig, het hy al agtergekom sy stem raak gouer moeg, vertel hy. Maar eers toe hy een oggend by die KKNK hees wakker word, het hy besef hy sal ’n spesialis moet gaan spreek.

Gelukkig het die dokter hom verseker die poliep is nie kwaadaardig nie. “Ek gaan nou Romanz se eerste DVD begin

beplan, aan my boek met kortverhale en gedigte werk en ’n hele paar skilderye skilder,” sê hy.

Geniet die blaaskans, Louis!

Op die internet

http://www.romanz.co.za

Facebook-blad