Een sin sal hy vir die res van sy lewe onthou:“Adam, my boytjie, you’re going to perform at the wedding! ”

Ja, wanneer prins Albert van Monaco en Charlene Wittstock op 2 Julie in die prinsdom trou, sal Adam Barnard en die ander manne van die groep Romanz  daar wees om op die onthaal vir die bruidspaar te sing.

Hulle is ampelik genooi, en hulle gaan!

Intussen het hulle reeds ’n draai in Monaco gaan gooi om kennis te maak, en heerlik by die prins en aanstaande prinses gekuier . . .

“Dit was vir ons bestem,” sê Adam terwyl hy en die ander drie mooi manne, André Venter (31), Louis Loock (29) en Burgerd Botha (24), omtrent oor hul woorde val terwyl hulle almal gelyk van die opwindendste gebeurtenis tot dusver in hul loopbaan probeer vertel.

Maar hoe het dit gebeur dat ’n Afrikaanse sanggroep in die pienk paleis in Monaco gaan optree, en dit by ’n koninklike troue wat die hele wêreld se verbeelding aangryp?

Alles het met ’n artikel in Huisgenoot begin.

Lees meer in die Huisgenoot van 16 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.