Romanz se eerste geestelike album, Ek Sal Getuig, is net betyds opgeneem, want kort daarna is ’n poliep op Louis Loock, een van hul sangers, se stembande gediagnoseer.

Hy mag nou drie maande lank nie sing nie. Gelukkig kan Romanz se aanhangers intussen hierdie album, die groep se derde, geniet. Die gehalte is weer uitstekend en hulle sing geestelike liedere soos Houtkruis, Hallelujah en Jerusalem.

Daar is ook nuwe liedjies soos U Is Daar, Staan Op en Sing en die pragtige Ek Sal Getuig. Die groentjie Charlize Berg sing saam aan You Raise Me Up en ’n mens kan verstaan hoekom kenners voorspel sy is ’n stem van die toekoms.

Facebook-blad