Romanz sal by koninklike troue sing

Die Suid-Afrikaanse sanggroep Romanz het Saterdagaand op KykNET aangekondig dat hulle by die troue van prins Albert en ons eie Charlene Wittstock sal sing.

Die ouens het die amptelike aankondiging Saterdagaand op DKNT gemaak.

Kort daarna het hulle ook op hulle Facebook-blad bevestig dat hulle by die Prins van Monaco se troue sal optree.

Lees meer in Huisgenoot oor hierdie uitstekende nuus.

Volg Huisgenoot op Twitter.