Die manne van Romanz werk aan ‘n duet-album saam met Nianell!

Dié week het dié mans in hul snyerspakke opgewonde getweet: “Besig met ‘n groot treffer in studio!”

Meer wil hulle nie oor hierdie vierde CD van hul verklap nie, behalwe dat dit ‘n inspirerende album met heelwat liedjies uit Nianell se pen  sal wees. Natuurlik ook met ‘n paar ou treffers wat hulle afgestof het en in tipiese Romanz-styl gaan herverpak.

Ondersteuners sal egter  geduldig moet wag vir hul optredes by dié jaar se KKNK om die liedjies op die nuwe  album – wat ook daar bekendgestel sal word – te hoor.