Volgens Sarie.com tree hulle vanaand vir die heel laaste keer saam op, hoewel een van die lede, André Venter, die optrede weens mediese redes gaan misloop.

Die lede, André Venter, Adam Barnard, Burgerd Botha en Christopher Viljoen, sal hulle voortaan toespits op “individuele loopbane en studies”. (Louis Loock het reeds in 2012 die groep verlaat om 'n solo-loopbaan te volg - hy is deur Christopher vervang.) Hul besluit om op te breek is glo “positief, eensgesind en weldeurdag”. Romanz se nege albums en twee DVD’s het al verskeie pryse, onder meer Samas en Ghoemas, ingepalm, terwyl hulle gereeld by Huisgenoot Skouspel ook was. Hulle het ook in 2011 by prins Albert en prinses Charlene se troue opgetree. Burgerd het ná die aankondiging die volgende getwiet:

Grepe van Romanz se optredes by Skouspel deur die jare: