“So vra ek toe vandag die groot vraag . . .” lui die onderskrif by ’n video wat Brad Holmes op sy Facebook-blad gedeel het.

In die video, wat sedertdien vinnig versprei het, swaai Brad ’n boksie voor die kamera rond terwyl sy niksvermoedende meisie, Jenny, op die rusbank sit.

Nadat hy haar gevra het om op te staan, sak hy op sy een knie af.

Lees ook: VIDEO: Jy sal nie glo wat met die vrou gebeur het toe verkeersbeamptes haar afgetrek het nie

“Jy weet jy maak my die gelukkigste man ter wêreld. Ek bewe, maar ek is verskriklik lief vir jou, jy weet dit mos?” sê hy en bring die boksie te voorskyn.

Terwyl ’n verbaasde Jenny met haar hande voor haar mond staan, vra haar kêrel eindelik: “Sal jy vir my ’n koppie tee maak?”

Soos jy jou kan indink, was Jenny nie beïndruk met die poets nie en het sy weggestorm. Gelukkig vir Brad het sy nie lank weggebly nie.

Nie net het sy hom vergewe nie, sy het ook vir hom die koppie tee gemaak!

[caption id="attachment_117918" align="alignnone" width="601"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Ek het ’n bietjie gekruip en die video vir haar teruggespeel en sy het die snaakse kant daarvan gesien,” het Brad aan Daily Mail gesê.

Lees ook: Sjarmante man vra sy meisie op ’n unieke manier om haar hand

“Ek het my koppie tee binne 15 tot 20 minute gekry. Sy was ’n bietjie geïrriteerd daaroor, maar sy weet hoe ek is.”

Terwyl party Facebook-gebruikers gedink het die poets was baie snaaks, was ander nie beïndruk nie.

“Ek is dit ’n ruk gelede aangedoen en dit het my hart gebreek,” het Laura Tyrer gesê.

“Dit maak nie saak hoeveel keer hy grappe uitgedink het nie; ek het nie gedink hy sou dit doen nie. Al wat ek onthou, is dat ek verneder en hartseer bed toe gegaan het. Ek het so goed gevoel toe ek die volgende dag sy toebroodjie in die katboks druk.”

Bronne: facebook.com, dailymail.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kate Winslet meen haar liefdeslewe is ideale rolprentmateriaal

Kyk: Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Leo nog ’n treetjie nader aan Oscar-glorie

Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele