Die gewese Junior-Rok-motor-wêreldkampioen is aangewys as die eerste GP3-bestuurder vir Team Trident. Hy sal in die huidige seisoen te staan kom teen die beste opkomende sterre in motorsport.

Hoewel GP3 taamlik onbekend is in Suid-Afrika, is dit die voedingsbron vir Formule Een. Baie van die huidige voorste F1-bestuurders kom uit die GP3-geledere. Die wedrenne vind plaas op dieselfde baan en op dieselfde dag as die F1-Grand Prix-reeks. Dit bied jonger bestuurders ’n gulde geleentheid om met die beste renjaers te meng.

Roman (19) het ’n GP3-jaer geword ná ’n goeie vertoning in die Italiaanse Formule Arbath. Hy het ook uitstekend presteer in die Italiaanse Formule Drie.

Hy het gehoop om in 2013 sy deurbraak in GP3 te maak, maar het nie genoeg borgskappe gehad nie. Ná ’n toetslopie saam met Trident in Aboe Dhabi, het hulle hom ’n geleentheid vir die eerste deel van die seisoen aangebied.

Roman, wat op Alberton gebore is en nou in Johannesburg woon, het op vyf begin jaag met stampmotors.

Hy was in Italië die tweede jongste in ’n groep van 41, en die jongste wat onder die eerste tien geëindig het. Hy het jaers van die bekende Ferrari Academy in die proses uitgestof.

Roman vertrek op 28 Maart na die voorseisoentoetse op drie verskillende bane. Die seisoen begin op 10 Mei in Barcelona.

– Sapa