Willl Smith gaan wel nie daarin verskyn nie, maar die akteur wat die rol van sy seun in die fliek gaan speel, is onlangs aangekondig.

Dit is Jessie Usher (Survivor’s Remorse-basketbalreeks). Saam met Jeff Goldblum, wat in die oorspronklike fliek gespeel het, gaan dié tweetal ruimtewesens die stryd aansê. Liam Hemsworth (The Hunger Games) speel ook in die fliek.

Wat ons reeds weet:

  • Die storie wentel glo rondom die terugkeer van ’n volgende generasie ruimtewesens wat twee dekades nadat hul eerste inval misluk het, weer oorlog teen die aarde voer.
  • Alhoewel Will Smith nie in die opvolg gaan speel nie vanweë sy hoë geld-eise, gaan dit wel dieselfde regsisseur as die eerste een hê: Roland Emmerich.
  • Die beplande uitreikingsdatum is 1 Julie 2016, bykans twee dekades ná die oorspronklike een se uitreiking op 2 Julie 1996.
  • Jeff Goldblum gaan glo sy rol as die rekenaarkenner David Levinson hervat terwyl Liam Hemsworth die rol van Bill Pullman se karakter se skoonseun gaan vertolk. Daar is nog nie bevestig of Bill gaan terugkeer in sy rol as pres. Thomas J. Whitmore nie.

Kyk hier na die oorspronklike lokprent:

BRONNE: dailymail.co.uk, hollywoodreporter.com, avclub.com