Amper twee jaar nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, bevind het pres. Jacob Zuma is aanspreeklik vir die opgraderings aan sy Nkandla-woonkompleks, moet die grondwethof besluit of Zuma die geld moet terugbetaal, soos verskeie opposisiepartye en lede van die publiek eis.

Wie het Zuma hof toe gesleep?

Die Demokratiese Alliansie (DA), Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en Corruption Watch het ’n aansoek by die grondwethof in Johannesburg ingedien. Dit is die hoogste hof in Suid-Afrika en die aansoek is gister aangehoor.

Wat het in die hof gebeur?

Zuma se prokureurs het erken hy moes aan die openbare beskermer se bevindings voldoen het.

“Ons sê ons aanvaar die nodige remediërende optrede word van die president vereis. Daar moet aan die openbare beskermer se verslag voldoen word,” het Jeremy Gauntlett, een van Zuma se regsverteenwoordigers, aan die hof gesê.

Lees ook: Hoe om te verseker jou testament sê presies wat jy wil hê dit moet sê

Sodoende het Zuma eintlik almal van stryk gebring wat hom ondersteun het in sy argument dat hy nie daarvoor aanspreeklik is om die geld terug te betaal nie.

Veral die polisieminister, Nathi Nhleko, en die speaker van die parlement, Baleka Mbete, is met rooi gesigte gelaat; Nhleko en die parlement het bevind Zuma hoef niks terug te betaal nie.

Sal Zuma die geld terugbetaal?

In ’n skokkende bekendmaking verlede week het die presidensie aangekondig Zuma is bereid om ’n gedeelte terug te betaal van die geld wat aan Nkandla bestee is.

Baie mense beskou dit as ’n verkiesingstaktiek in die aanloop tot die munisipale verkiesing wat in Maart sal plaasvind.

Die hof het uitspraak voorbehou.

Lees ook: Begroot só wanneer jy noustrop trek

Prof. Frans Viljoen van die Universiteit van Pretoria se regskool het aan Huisgenoot bevestig ’n uitspraak sal waarskynlik eers oor ’n paar weke gelewer word.

Die sosiale media reageer op Zuma se dag in die hof:

Prof. Pierre de Vos, ’n lektor in grondwetlike reg aan die Universiteit van Kaapstad, sê op Facebook die verhoor was ’n revolusionêre oomblik in die Suid-Afrikaanse grondwetlike reg.

Hy noop ook die publiek om vir die hof se uitspraak te wag voor hulle haastige gevolgtrekkings maak.

1

Die speaker van die parlement, Baleka Mbete, kom ook onder skoot en Pierre voer aan haar saak is nie versoenbaar met die grondwet nie.

2

Die skrywer en politieke kommentator Eusebius McKaiser is nie beïndruk deur Baleka Mbete se advokaat nie.

3

Maar Zuma se verteenwoordiger, adv. Jeremy Gauntlett, het hom beïndruk.

4

5

Die openbare beskermer het Suid-Afrikaners bedank vir hul voortgesette steun om Zuma oor Nkandla aan te vat.

6

Sy het ook aan City Press gesê sy is bly Zuma gee toe hy was verkeerd.

Die politieke ontleder Max du Preez erken hy moes sy tyd verdeel tussen die krieket en die hof.

7

Maar voeg by dat wie ook al Mbete moes verdedig, ’n baie moeilike taak sou hê.

8

Die DA-leier, Helen Zille, sê die hofverrigtinge wys dat diegene wat vir geregtigheid opstaan eindelik as die ware helde onthou sal word.

Sy verwys na die voormalige minister van finansies Nhlanhla Nene, vir wie Zuma onlangs afgedank het, en die minister van openbare werke, Thulas Nxesi. Nxesi het ook voorheen bevind Zuma hoef nie die geld terug te betaal wat gebruik is om Nkandla op te knap nie.

9

Sy vat ook The New Age daaroor aan dat hulle nie oor die belangrike dag in die hof berig het nie. Die koerant word besit deur die Gupta-familie, wat hegte bande met Zuma het.

10

Ekstra bronne: Twitter, City Press, eNCA

– Saamgestel deur Mieke Vlok

Ander stories op huisgenoot.com:

Begroot só wanneer jy noustrop trek

So lyk ’n McDonald’s Happy Meal glo ná SES jaar

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???