SA se Volksrust-'prinses', Rolene Strauss, het Saterdag in Sanya, China, haar Mej. Wêreldkroon aan die Spaanse skoonheid Mireia Lalaguna Royo oorhandig. Só kom Rolene se jaarlange avontuur as Mej. Wêreld tot ’n einde.

Rolene het met dié woorde haar jaar as die wêreld se mooiste afgesluit: "Is dit nie beter om een kers aan te steek as om glad nie te kan sien nie."
Rolene se Mej. SA-opvolger, Liesl Laurie, het Suid-Afrikaanse harte egter vir ’n oomblik vinniger laat klop nadat sy die Top 10 van die kompetisie gehaal het. Mej. Rusland het in die tweede plek weggestap en Mej. Indonesië is in die derde plek aangewys. Mej. Namibië het ook stof opgeskop by die geleentheid en skoonskip gemaak in die sport- en fiksheidsuitdaging. Sy het as kategoriewenner uit die stryd getree.

Hier is die wêreld se vyf mooistes

Mej. Spanje: Mireia Lalaguna Royo
Mej. Rusland: Sofia Nikitchuk
Mej. Indonesië: Maria Harfanti
Mej. Lebanon: Valerie Abou Chacra
Mej. Jamaika: Sanneta Myrie

SA se Liesl Laurie deel haar ervaringe op Instagram

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on