In 2014 het Rolene Strauss op die verhoog gestaan en die kroon as nuwe Mejuffrou Suid-Afrika aanvaar. En nou, sowat drie jaar later, is sy terug in Sun City om die opwindende naweek saam met ander hoopvolle finaliste te beleef.

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Rolene het vroeër die naweek 'n foto gedeel waar sy en haar man op pad is Sun City toe vir die kroningsnaweek. En nes met al haar openbare verskynings, het die voormalige Mejuffrou Wêreld nie 'n enkele modevoet verkeerd gesit nie.

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on
Jy kon Rolene deur 'n ring trek in haar nousluitende wit broek met 'n rooi snyersbaadjie wat sy Saterdagaand gedra het.

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Die nuwe ma het ewe mooi gelyk in 'n helderblou eenstukpak en by die foto geskryf dit voel vir haar 'nes die goeie ou dae' om terug by Sun City te wees en die Mejuffrou Suid-Afrika onderhoude en kleedrepitisies te sien. Hierop het haar man, D'Niel, glo geantwoord 'Wat bedoel jy? Nou is die goeie ou dae!'"

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Rolene se laaste uitrusting Saterdagaand was 'n swart eenstuk en baadjie.

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Sy het ook verklap dat sy deur die loop van die naweek haar tuisdorp, Volksrust, besoek het vir 'n troue en daarna terug Sun City toe is vir die kroning Sondagaand.

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Die twaalf finaliste wat Sondagaand meeding om die kroon is Adè van Heerden (25), Boipelo Mabe (23), Iman Mkwanazi (26), Nompumelelo Mampholo (20), Shelbe Pretorius (23), Demi-Leigh Nel-Peters (21), Odirile Sepeng (23), Priyeshka Lutchman (24), Shané Naidoo (24), Kayla Malherbe (21), Nicole van Niekerk (26) en Yuta Raubenheimer (25).

Mej. Suid-Afrika word Sondag van 17:00 regstreeks op Mzansi Magic (kanaal 161) en M-Net (kanaal 101) uitgesaai. Die wenner word omstreeks 20:00 gekroon.