Rolene Strauss, Mej. Suid-Afrika, is Sondag as Mej. Wêreld in Londen gekroon.

Sy is Suid-Afrika se derde Mej. Wêreld, maar die land het vier dekades gelede laas dié eer gehad toe die 19-jarige Anneline Kriel as die wêreld se mooiste vrou gekroon is. Voor haar is Penny Coelen in 1958 as Mej. Wêreld gekroon.

Elizabeth Safrit van Amerika is in die derde plek en Edina Kulcsá van Hongary is tweede.