Die Switserse tennisster het gisteraand op sy Twitter-profiel aangekondig hy en sy vrou, Mirka, is die tweelingseuns Leo en Lenny ryker.

Die tweelingboeties volg vyf jaar ná Roger en Mirka hul tweelingdogters, Myla Rose en Charlene Riva, verwelkom het.

“Ek en Mirka is so ongelooflik bly om die nuus te deel: Leo en Lenny is [gisteraand] gebore! #wonderwerk,” het hy op Twitter geskryf.

Volgens telegraph.co.uk het verskeie tenniskampioene, onder meer Boris Becker en Bob Bryan, nie net hul gelukwensinge gedeel nie, maar ook op Twitter geskerts dat die tweelinge hul pa se tennisrekords kan laat spat. Dié kenners meen die tweelinge kan toekomstige dubbelspel- en gemengde-dubbelspel-kampioene word.

– Christiaan Boonzaier.