Ná 27 jaar se huwelik het haar pa deur teksboodskappe vir sy dogter gesê hoe hy oor haar ma voel. Sydney het besluit om skermgreepe van die teksboodskappe op Twitter te plaas. Daarby het sy geskryf: "Ek skryf ’n opstel oor my ouers en toe ek hoor wat my pa van my ma sê ná 27 jaar se getroude lewe hoor, het ek gehuil.”

In die boodskappe gee Sydney se pa kostelike besonderhede oor hulle verlowing deestyds. Hy vertel van die uitdagings oor hoe dit is om te werk terwyl jy na ’n jong familie omsien. Hy deel ook sy gevoelens oor hoe hy nou voel oor sy vrou na 27 jaar van getroude lewe.

“Die punt van die storie is dit: Ons het in mekaar se skoot geval onder eienaardige omstandighede, maar dit het uitgeloop in die beste familie ooit. Julle drie kinders is ons twee se persoonlikhede saamgevat.

"Ons hart, siel, humor, vriendelikheid, respek, integriteit en ’n miljoen ander mooi dinge oor ons. Ons sal nie dieselfde wees met enigiemand anders as wat ons nou het nie. "En soos dit groei, het ek die perfekste lewe danksy jou ma. Gee my ’n miljoen doller, maak my president. Niks maak saak sonder haar nie. "Sy vervul my nie net nie, sy het in my lewe in gekom toe ek jonk en onvolwasse was, sy het my heel gemaak en my toe ’n baie beter mens gemaak. Ek het met ’n engel uitgegaan en getrou.” Sydney se een twiet met drie skermgrepe het reeds meer as 18 000 'favorites' gekry en dit is meer as 9 300 keer hertwiet.

En dit laat mens wonder: dalk smag almal na sulke liefde na 27 jaar.

Deel gerus jou ouers, dalk jou eie liefdesverhaal met ons deur ’n e-pos aan web@huisgenoot te stuur met "Die liefdesverhaal" in die onderwerplyn.

Bronne: twitter.com; metro.co.uk; mashable.com