Roerende briefies van haar leerders aan die Riebeek College op Uitenhage is pas deur die Facebook-blad Truth and Justice Continue gedeel. Die blad is daaraan toegewy om Jayde se moordenaars aan die kaak te stel en hou volgelinge op die hoogte van enige ontwikkelings in die saak.

[post-slider]

Jayde se suster, Toni, het ook onlangs haar Facebook-profielfoto verander na een van hulle twee saam met hul ma, Michelle.

Jayde ma en suster

Jayde se man, Christopher Panayiotou, die beweerde meesterbrein agter haar moord, kom vandag weer in die hof voor vir sy borgtogaansoek.