Bretagne (uitgespreek “Brittany”) was die laaste van 300 soekhonde wat op daardie skrikwekkende Dinsdag by Ground Zero van die World Trade Center in New York op 11 September 2001 vir diens aangemeld het om oorlewendes uit die puin te red en oorledenes op te spoor.

Sy is Maandagmiddag kort voor haar 17de verjaardag van haar lyding verlos nadat sy ernstig siek geword het met nierversaking.
In ’n roerende video stap haar beste vriendin en hanteerder, Denise Corliss, saam met haar na die veearts se spreekkamer.
Die paar het ná die 9/11-tragedie saam twee weke lank 12-uur-skofte op die toneel gewerk. Al het die avontuurlustige Bretagne reeds amptelik op nege jaar “afgetree”, was sy steeds baie lief vir werk en is gebruik om ander honde vir rampe op te lei.

Bretagne is in haar leeftyd ook na grootskaalse rampe soos die orkane Katrina, Rita en Ivan ontplooi.

Verteenwoordigers van die federale nooddienswerktaakspan Texas Task Force 1 en Cy-Fair Volunteer Fire Department het op aandag gestaan terwyl sy na die Fairfield-dierehospitaal stap om hul laaste eer vir haar vol en waardevolle lewe te betoon.

Bronne: today.com, nbcnews.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .