“Ek het niks geslaap die week nie,” sê Simone Cedras (29), wie se agt maande oue seuntjie Lucius pas terug is in haar arms nadat hy vir ’n week vermis was.

Hy is na bewering deur ’n familie-kennis ontvoer wat gemaak het of sy hom vir iemand in die straat wou gaan wys. Simone het haar ander kind skool toe geneem in die tyd wat Lucius weggeraak het.

[caption id="attachment_154330" align="alignnone" width="600"]Lucius Cedras. Foto: Gys Visser Lucius Cedras. Foto: Gys Visser[/caption]

Sy en haar familie het die hele week lank na hom gesoek en was verheug toe speurders hom laat Donderdagmiddag by die huis aanbring.

[caption id="attachment_154427" align="alignnone" width="600"]Simone Cedras saam met Lucius. Foto: Gys Visser Simone Cedras saam met Lucius. Foto: Gys Visser[/caption]

“En hy was so bly om ons te sien!”, sê Doreen Visagie, Simone se tannie.

Die beweerde ontvoerder is Vrydagoggend in hegtenis geneem. Polisie het Lucius by haar ouers se bure gevind nadat hulle op ’n wenk gereageer het.

[caption id="attachment_154430" align="alignnone" width="600"]Simone Cedras saam met Lucius. Foto: Gys Visser Simone Cedras saam met Lucius. Foto: Gys Visser[/caption]

Simone se familie vermoed sy wou hom gebruik om ’n onderhoudstoelaag te bekom.

Die beweerde 37-jarige ontvoerder verskyn Maandag in Kraaifontein se landdroshof.

[caption id="attachment_154432" align="alignnone" width="600"]Lucius Cedras saam met nog 'n familielid. Foto: Gys Visser Lucius Cedras saam met nog 'n familielid. Foto: Gys Visser[/caption]