Dit was jare reeds Carol Cesario se droom om Jon Bon Jovi te ontmoet. Tot 27 Junie 2016 . . .

Haar dogter, Rosie Skripkunis, het ’n maand gelede hospitaalfoto’s van Carol, by wie fase vier longkanker gediagnoseer is, op Facebook en Twitter gedeel. In die boodskap daarby vertel sy haar siek ma het vier kinders grootgemaak; daarom wil sy help om haar lewenslange droom te bewaarheid.

“Sedert die 1980’s is sy mal oor hom. Ek onthou hoe ek as kind saam met haar op die musiek van Bon Jovi rondgedans het in die huis en gerock-n-roll het saam met haar in die motor op pad strand toe,” het sy geskryf. Sy het gevra haar Facebook-vriende moet dit wyd en syd deel.

Dié liedjie is een van sy treffers van 1986.

Hier kan gaste betaal vir ’n ete deur ’n skenking te doen vir daklose mense se etes of om in die kombuis te werk.

Jon is ’n bekende filantroop. In 2014 het hy op die Oprah-program ’n pizza aan sy “grootste aanhanger” afgelewer.

Rosie het seker gemaak sy besoek aan haar ma gaan net so ’n groot verrassing wees.

“Ek het vir haar gejok,” erken Rosie. “Ek het gesê ek het aan die restaurant geskryf en hulle het laat weet hulle kan nie aanhangers se pos aanstuur nie, maak dat ons genooi is vir ’n gratis ete – maar dit was ’n gratis ete saam met Jon Bon Jovi,” sê sy.

Die afgelope Saterdag het Jon ingeglip by sy restaurant met ’n getekende boek oor die rockgroep en ’n kitaar onder sy arm waarop staan: “To Carol. Keep Smiling.”

Carol, wat die afgelope vyf maande gereeld in die hospitaal was, kon niks anders uitkry nie as: “Oh my God,” toe haar held net ’n paar sentimeter van haar af staan. Hy het ’n uur saam met haar en haar gesin in die restaurant deurgebring.

“Sedert die ontmoeting sal sy sommer in trane uitbars. Ek dink sy is nog geskok,” vertel Rosie. “Sy slaap selfs met die boek.

“Om saam met Jon te kuier, was ongelooflik. Hy is so plat op die aarde en oulik met die hele gesin, maar veral met my ma.”

Bronne: foxnews.com, huffingtonpost.com, etonline.com, facebook.com, sfglobe.com