Die vervaardigers van Roepman het verlede week ‘n geskiedkundige kontrak onderteken met die Amerikaanse maatskappy Dstreetmediagroup (D Street).

Volgens die kontrak sal Roepman in Amerikaanse-teaters gewys word, op DVD en Blue-Ray versprei word en aan Amerikaanse televisiestasies verkoop word.  Dit is ‘n eerste vir Afrikaanse films in die moderne era.

Sallas de Jager en Danie Bester, vervaardigers van Roepman het gesê dat hierdie ‘n reuse-geleentheid is om in die belangrikste filmbedryf in die wêreld te kan wys dat daar plek is vir Afrikaanse stories vertel deur Suid-Afrikaanse filmmakers.

Hulle het verder ook gesê dat hulle van harte hoop dat hierdie deurbraak die deure sal oopskop vir Suid-Afrikaanse filmmakers om hulle films in Amerika te vertoon.  “Dis tyd om weer in onsself en ons stories en die universeële waarde daarvan te begin glo”, het de Jager gesê.

Daar word beplan om Roepman teen die einde van Januarie 2012 in Amerikaanse teaters te begin speel.

Follow Huisgenoot op Twitter.