Cody (17) en Alli Simpson (16)

cody-and-alli-simpson-sibling-selfie-7

Die Australiese popster Cody Simpson is versot op sy kleinsus, Alli, ’n opkomende aktrise en model. Dié klein modepop sorg ook dat sy gereeld op Instagram en YouTube pryk.

Vanessa (25) en Stella Hudgens (18)

Vanessa-Hudgens-Stella-Hudgens-Vampires-for-Halloween

Wanneer Vanessa Hudgens nie aan ’n fliek werk nie, hang sy gewoonlik uit saam met haar suster, Stella. Dié is ook ’n aktrise. Haar eerste groot rol was in The Memory Thief (2007) en sy gaan volgende jaar ’n hoofrol vertolk in die TV-reeks Mr. Hollywood.

Emma (24) en Alex Watson (20)

watsons

Skoonheid en styl is duidelik in hul gene – Emma se jonger broer, Alex, het ’n rolletjie gehad in twee van die Harry Potter-flieks waarmee sy ousus naam gemaak het en wys nou sy lyf as model vir Burberry.

Miley (21) en Noah Cyrus (14)

article-2659753-1ED5C36300000578-947_634x635

Dit kan nie maklik wees om in Miley se skadu te leef nie, maar Noah is allesbehalwe ’n muurblommetjie – sy spog gereeld met haar sangtalent op YouTube.

Zooey (34) en Emily Deschanel (37)

1846015

Die oulike Zooey het in haar sitkom New Girl en met haar retro-groep She & Him harte verower, terwyl ousus Emily ’n hoofrol vertolk in die trefferreeks Bones.

Kendall (18), Kylie (16) en Brody Jenner (30)

jenners-08172012-400x300

Hoe is soveel skoonheid in een gesin moontlik? Kendall en Kylie Jenner se halfbroer Brody is ook ’n werklikheidstelevisiester en het al vir Guess model gespeel en Agent Provocateur se onderklere vertoon.

Hayden (24) en Jansen Panettiere (19)

CCA246AE423D2456A6FE24C41F525_h467_w598_m2_q90_cDJmakbVO

Hayden het al ’n paar keer saam met haar broer op die rooi tapyt verskyn. Nes sy ousus is hy ’n suksesvolle akteur. Hy werk nou aan die aksiefliek The Martial Arts Kid.

Ariana (21) en Frankie Grande (28)

543980e30da839c28a1ddfc383a2acf3

Ariana en haar halfbroer, die Broadway-ster Frankie, is baie geheg aan mekaar – hulle het immers hul liefde vir sang en dans gemeen!

Lindsay (28) en Ali Lohan (20)

article-2321968-19B2D8C8000005DC-555_634x961

Die aktrise met vele probleme se kleinsus het modelwerk beproef en onlangs aangekondig sy wil met ’n musiekloopbaan begin. Ons hoop dinge verloop vir haar beter as vir Lindsay!

Jack en Finn Harries (21)

tumblr_mdw1xlb1lm1qcwi6wo1_400

Die oulike Britse tweeling is bekend vir hul YouTube-kanaal, JacksGap, wat meer as 3 miljoen intekenaars het. Ons wed hul aantreklike voorkoms het iets daarmee te doen!

- Janine Nel

Bronne: stylecaster.com, accesshollywood.com, wetpaint.com, popcrush.com, seventeen.com