Die bestuurder van een van die busse, ’n dubbeldekker, het ook in die ongeluk omgekom. Die ander busbestuurder is uit die wrak bevry, het News24 se Mpho Raborife, wat op die toneel was, gesê.
“’n Metrobus-insleepwa het gearriveer en is op die punt om die busse van mekaar af te trek, want die een is bo-op die ander. Dis hoekom hulle sukkel om die bestuurder te bevry,” het Raborife gesê.

Daar was 66 passasiers op die twee busse. Die ongeluk het omstreeks 07:00 gebeur.

Albei rigtings van Jan Smuts-rylaan is gesluit tot die toneel opgeruim is. Lower Park-weg is ook gesluit.