Die voormalige rocker van Prime Circle, Gerhard Venter, se dogter, Layla (7), kan omtrent ’n stel tromme laat les opsê.

Dis duidelik dat daar musikale bloed in haar are vloei, want die klein kabouter het al in haar doeke begin tromme slaan.

[caption id="attachment_84393" align="aligncenter" width="240"]Layla by haar tromstel. Layla by haar tromstel.[/caption]

“Dit het eers begin op ons potte en toe het ons vir haar ’n stelletjie tromme gekoop. Sy het begin speel en sommer lekker haar eie liedjies gesing,” vertel Gerhard.

Sy speel elke middag so 10 minute tot soms ’n uur en haar gunstelingliedjies om oor en oor te speel is meestal gospel-rock van die gewilde musiekgroep Thousand Foot Crutch. “Sy hou ook van pop en Afrikaanse liedjies en is mal oor Mandoza se Nkalakathla.”

[caption id="attachment_84392" align="aligncenter" width="240"]Layla en haar suster, Milla Venter. Layla en haar suster, Milla Venter.[/caption]

Hoewel sy reeds die verhoognaam LaylaV het, is sy vas oortuig sy gaan eendag ’n dokter word wat mense van kanker genees.

“’n Rock-dokter!” hits Gerhard aan.

Kyk hier hoe die kleinding dit uitkap:

- Janine Nel