Dié nuwe Afrikaanse fliek sal jou kiewe laat saamtrek van lekkerkry. Suurlemoen! is geïnspireer deur Jaco Jacobs se suksesvolle jeugboek en vertel die verhaal van twee 16-jarige seuns, Tiaan (Tiaan Kelderman) en Zane (Ben Pienaar), wat lief is vir skaatsplankry, blog en kitaar speel.

Soos baie ander tienerseuns droom hulle daarvan om in ’n rockgroep te wees, maar hulle s’n bestaan nog net uit ’n kitaar en ’n baskitaar.

Maar toe hulle by die skool in die moeilikheid beland, word hulle skielik met keuses gekonfronteer wat sal bepaal of hulle as helde of skurke aan die anderkant gaan uitkom . . . Die koers wat hulle inslaan, is een van avontuur, hartstog en ruk-en-rol, maar so leer hulle waardevolle lewenslesse.

Hier’s ’n voorsmakie:

Suurlemoen! sal jou laat lag en huil, want lewenslesse is maar altyd ’n soetsuur storie! En soos die Engelse uitdrukking lui: When life gives you lemons, make lemonade.

Maak seker jy en jou vriende gaan kyk Suurlemoen! op 12 September 2014.

- Janine Nel