Die Mrs. Doubtfire-akteur (63) het op 11 Augustus sy lewe geneem. Nou, vier maande later, praat Zak oor hoe moeilik die verlies is.

“Ons praat elke liewe dag oor ons pa,” het die 31-jarige aan die tydskrif People gesê oor hom en sy halfbroer en -suster, Zelda (25) en Cody (23). “Ek mis hom gedurig. Dikwels sien ek iets wat my laat dink: Hy sou dit waardeer het of dit snaaks gevind het.” Zak is gebore uit Robin se eerste huwelik, met Valerie Velardi. Zelda en Cody se ma is Robin se tweede vrou, Marsha Garces.

'Ons praat elke liewe dag oor ons pa.'

Hy kry ook troos daaruit om ander te help, soos sy pa gedoen het. Terwyl Robin siek kinders in hospitale besoek het, doen Zak vrywillige werk in ’n plaaslike tronk.

“Deur ander te help, het ek heling begin ervaar,” het hy gebieg.

Marlo Thomas, wat 18 jaar saam met Robin in die St. Jude-hospitaal gewerk het, het ook oor Robin gepraat en sy spesiale band met die jong pasiënte beskryf.

“Een van hulle het van speelgoedsoldate gehou; toe stuur Robin vir hom sy eie speelgoedsoldate waarmee hy in sy kinderjare gespeel het,” het hy gesê. “Toe hy daar kom, was dit soos toorkuns.”

© Cover Media