Rebecca (57) het minstens 20 jaar vir die Oscar-bekroonde akteur gewerk. Sy was agter die skerms by meer as 33 van sy flieks, insluitend die drama van 1997 Good Will Hunting, waarvoor hy ’n Oscar gewen het. Haar bynaam vir hom was “Mork Guy” – vir sy deurbraakrol as Mork in die TV-reeks Mork & Mindy. Rebecca is gister ’n paar keer by sy huis in Tiburon gewaar. Sy het gister ná sy tragiese dood ook ’n foto van hom op Facebook gedeel. Hierby was die boodskap: “Ons het ’n fantastiese tyd gehad!”

Rebecca was baie geheg aan Robin, vertel ’n vriend, wat anoniem wou bly. “Sy het in Francisco gewoon, maar toe Robin Tiburon toe trek, het sy ook getrek en daar vyf minute se ry van hom gewoon,” vertel dié vriend. Rebecca en haar man, Dan, is baie privaat, vertel bure. Volgens een het Robin glo die huis vir hulle gekoop, maar dit is nie bevestig nie. Die paartjie was soos deel van die akteur se familie en het selfs sy hond opgepas. Hy het ook gereeld by hulle ingeloer en hulle het dan in die agterplaas gekuier. “Ons het altyd met hulle gegrap dat hulle nooit ons oorgenooi het nie.”

“Hulle is ’n lieflike paartjie, maar hulle is baie skaam en stil en het nie ’n groot bohaai van hul verhouding met Robin gemaak nie. Dit moet absoluut aaklig vir hulle wees. Ek kan my net indink hoe hulle moet voel.”

BRONNE: RADARONLINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK