Die geliefde ster van Mrs. Doubtfire is Maandag in die ouderdom van 63 in sy huis in Tiburon, Kalifornië, dood aangetref. Die owerheid het bevestig voorlopige verslae dui aan hy het sy lewe geneem. Hy word oorleef deur sy drie kinders, Zachary (31), Zelda Rae (25) en Cody (22). Hulle het Dinsdag in ’n verklaring aan Just Jared die eerste keer gepraat oor hoe hulle ná sy pa se dood sukkel

'Ek het my pa en ’n beste vriend verloor.'

“Gister het ek my pa en ’n beste vriend verloor; die wêreld het ’n bietjie gryser geword. Probeer vreugde in die wêreld bring soos wat hy gedoen het,” het Zachary geskryf.

Zelda Rae se huldeblyk het ook genoem hoe haar pa se dood alle lede van die samelewing raak.

Sy glo sy vreugde kan nooit werklik vervang word nie.

“Terwyl ek nooit, ooit sal verstaan hoe hy so innig liefgehê kon wees en dit nie in sy hart kon vind om te bly nie, is daar geringe troos in die kennis dat ons smart en verlies op ’n klein manier met miljoene gedeel word,” het sy gedeel.

“Pa was, is en sal altyd een van die gaafste, vrygewigste, sagste siele wat ek ooit geken het, en terwyl daar ’n paar dinge is wat ek nou beslis wee, is een van hulle dat die hele wêreld in sy afwesigheid nou ’n bietjie donkerder en minder kleurryk is, en daar is nou minder vreugde. Ons sal net dubbel so hard moet werk om dit weer daarmee te vul.”

Robin se jongste, Cody, voel sy teenwoordigheid, al is sy pa nie meer met hom in die vlees nie.

“Ek sal hom mis en die res van my lewe hom oral saam met my neem. Ek sal vir ewig uitsien na wanneer ek hom weer sal kan sien,” het hy gesê.

© Cover Media