Maandagaand het Zelda Williams, Robin Williams se enigste dogter, ’n aanhaling getwiet van die bekende kinderboek The Little Prince, saam met die woorde “Ek is lief vir jou. Ek mis jou. Ek sal aanhou probeer opkyk.”

Robin, wie se vryevormkomedie en meesterlike nabootsings gehore dekades lank vermaak het, is in die ouderdom van 63 oorlede. Hy het oënskynlik sy lewe geneem.

Die Marin County-balju se kantoor sê die Oscar-bekroonde akteur is Maandag by sy huis in Kalifornië dood verklaar. Die kantoor sê ’n voorlopige ondersoek toon die oorsaak van die dood is selfmoord weens asfiksie. Hy het in die laat 70’s roem verwerf as ’n ruimtewese in die TV-program Mork and Mindy. Hy het op die silwerdoek verskyn in komedie-flieks soos Good Morning, Viëtnam en Mrs. Doubtfire. Maar hy het sy Oscar gewen met ’n ernstige rol – as die terapeut in Good Will Hunting. Hy uitvoerstyl was op sy suiwerste in sy verhoogvertonings; hy het ’n Russiese immigrant nageboots of die draak gesteek met enigeen, van John Wayne tot Keith Richards.

Pres. Barack Obama het ook se medelye met Robin se familie op Twitter uitgespreek.

Bronne: Sapa, Buzzfeed