Die Oscar-bekroonde akteur is volgens die polisie van Marin County, Kalifornië, glo dood aan versmoring. Sy lyk is in sy eie huis gevind.

Hy was bekend vir onder meer Mrs Doubtfire, Good Morning, Vietnam, Dead Poets Society, Good Will Hunting, Patch Adams en The Fisher King.

“Vanoggend het ek my man en beste vriend verloor, terwyl die wêreld een van sy mees geliefde kunstenaars en mooiste mense verloor het. Ek is heeltemal gebroke,” het Susan Schneider, Williams se vrou, in ’n verklaring gesê.

Bronne: Cover Media, The Guardian