, berig Nieu-Seeland se Sunday-Star Times.

Vivian Waller (21), ’n kankerlyer wat in ’n hospitium woon, het in Januarie ’n lys dinge opgestel wat sy voor haar dood wil doen. Sy wil onder meer trou, haar dogter se eerste verjaardag sien en Robin Williams ontmoet. Die akteur het op 11 Augustus sy lewe geneem.

Terwyl sy die eerste twee items afgehandel het, was sy te siek om Amerika toe te reis om Robin te ontmoet, toe e-pos hy haar ’n video van sowat 30 sekondes lank.

“Hallo daar, hoe gaan dit daar onder in Nieu-Seeland? Ek stuur al my liefde,” sê Robin in die video. “Nou kan jy dit op jou lys afmerk.”

Bronne: Buzzfeed, TIME