Hy het in ’n onderhoud op die TV-geselsprogram Late Night with Seth Meyers erken hy wou baie graag dié loopbaan volg toe hy jonger was en het bygevoeg: “Eintlik wil ek nou nog.”

“Ek was Big Tub; dit was my rappernaam,” het Robert gesê. Hy het selfs destyds ’n paar snitte opgeneem vir ’n album getiteld Big Tub and the Tabby Cats.

Hoekom juis die naam Big Tub? “Ek was baie paranoïes oor my gewig . . . ek was siek die afgelope paar dae en ek is baie opgewonde daaroor. Volgende week gaan ek so maer wees!”

Kyk die hele onderhoud hier:

Bronne: YouTube, Vanity Fair