Robert Pattinson wil lank ’n alleenloper bly en het geen planne om die meeste van sy nuwe status as vrygesel te maak deur rond te slaap nie.

Robert Pattinson wil nie rondslaap nie.

Die Twilight Saga-hartebreker het onlangs sy verhouding met Kristen Stewart (23) beëindig nadat hulle vier jaar saam was. Hy het glo vir vriende gesê hy het geen begeerte om die meeste van sy nuwe status as vrygesel te maak nie en wil lank ’n alleenloper bly.

’n Bron het aan HollywoodLife.com gesê: “Wat ander meisies betref, hy slaap nog nie by iemand nie, want hy hou daarvan om eers ’n emosionele band te hê.”

Wanneer hy wel besluit hy is gereed om weer ’n verhouding te hê, sal die 27-jarige Britse ster ’n ander soort meisie soek.

Die bron het gesê: “Hy het nou ’n voorkeur vir blondines. Dit lyk of hy so ver moontlik van K-Stew af wegbeweeg.”

Al het die paartjie verlede jaar versoen twee maande ná Kristen se “kortstondige onbesonnenheid” met die getroude regisseur Rupert Sanders, is hul verhouding straks dié keer vir goed verby. Robert het onlangs sy goed uit sy huis in Los Feliz verwyder waar hulle die afgelope paar maande gebly het.

Goeie vriende van Robert het voorheen gesê dit sal ’n ruk duur voor hy oor Kristen kom en hulle kan nie sien dat hy gou met ’n ander meisie sal uitgaan nie, want hy dink die meeste vroue is net oor sy roem agter hom aan.

’n Ander bron het onlangs gesê: “Hy is bang om iemand nuut te ontmoet. So baie mense is om die verkeerde redes agter hom aan.”