Robert Pattinson het glo Beverly Hills toe getrek.

Die hartebreker van Twilight Saga het ’n huis in Los Feliz in Los Angeles, maar het besluit om na ’n herehuis in ’n afgesperde gebied sowat 14 km van daar af te trek, aangesien hy hom nie wil vasloop in sy vorige liefde, Kristen Stewart, wat in dieselfde buurt bly nie.

’n Bron het aan HollywoodLife.com gesê: “Rob het weggetrek uit die Los Feliz-omgewing om weg te kom van Kristen en haar vriende. Daar was te veel herinneringe vir hom.

“Rob se nuwe huis is in ’n afgesperde gebied in Beverly Hills, waar Gwen Stefani en Christina Aguilera ook woon. Britney Spears was voorheen ook ’n inwoner van dié gebied.

“Dis baie mooi, maar het nie baie meubels nie. Jy kan sien hy woon nog nie vir lank daar nie. Dis nogal karig.”

Robert, 27, was vasbeslote om weg te kom van Kristen, 23, nadat sy hom verkul het met die regisseur Rupert Sanders. Hoewel hy onlangs verbind was met Riley Keough, het hy en sy medester van Maps to the Stars Sarah Gadon geheg aan mekaar geraak.

Die paartjie is bevriend sedert hulle mekaar in 2011 op die stel van Cosmopolis ontmoet het en bring selfs meer tyd saam deur noudat hulle ook in hul jongste fliek saamwerk.

’n Bron het sê: “Daar is regtig ’n vonk tussen hulle. Hulle het al begin om tyd saam deur te bring wanneer die verfilming vir die dag verby is.

“Hulle is baie naby aan mekaar. Wanneer daar ’n blaaskans in verfilming is, sit hulle dikwels saam en gesels. Sarah is lief vir die kunste en literatuur, waarvan Rob ook baie hou. En hulle gesels selfs oor Engelse sokker, omdat sy op TV na die wedstryde kyk. Hulle het baie gemeen.